top of page

VINNIGE VRAE

VINNIGE VRAE
WIE KAN EK KONTAK

WIE KAN EK KONTAK VIR NAVRAE?

 

U kan ons deur e-pos kontak:

Vir navrae: skool@hsbrandwag.co.za  of  ontvangs@hsbrandwag.co.za

Vir skool rekeninge: finansies@hsbrandwag.co.za

​

​

WAT IS DIE SKOOLFONDS VIR 2024?

​

R27 390 vir die 1ste, 2de en 3de leerder (per leerder)

​

​

WAT IS DIE SKOOL UNIFORM EN WAAR KAN EK DIT KOOP?

 

Skooldrag is beskikbaar by Ekspa en Rynfield Drapers.


DOGTERS SOMERDRAG

  • Kleurbaadjie met skoolwapen soos verskaf deur leweransiers

  • Langbroek – opsioneel

  • Donkergroen skoolrok/romp.  Mag nie korter wees as 15cm bo knieë as dogters kniel nie (gr.12: grys romp)

  • Kort wit sokkies (omgevou) (gr.12: Sykouse – sheer, “bare beige”)

  • Swart skoolskoene (gr.12: swart skool-hofskoene)

  • Wit, kortmou oopslaanhemp

  • Oortrektrui

 

DOGTERS WINTERDRAG

  • Kleurbaadjie met skoolwapen soos verskaf deur leweransiers

  • Grys dogterslangbroek – opsioneel.  Mag nie afgewerk word nie

  • Donkergroen skoolrok/romp.  Mag nie korter wees as 15cm bo knieë as dogters kniel nie (gr.12: grys romp)

  • Lang swart kouse by rok/romp of grys sokkies by langbroek (gr.12: Sykouse – sheer, bare beige)

  • Swart skoolskoene (gr.12: swart skool-hofskoene)

  • Wit langmouhemp

  • Donkergroen skooltrui

  • Voorgeskrewe skooldas

 

SEUNS SOMERDRAG

  • Kleurbaadjie met skoolwapen soos verskaf deur leweransiers

  • Grys langbroek of kortbroek.  Mag nie afgewerk word nie

  • Grys skoolkouse

  • Swart toeryg-skoolskoene.  Geen gespes.  Geen skerppuntskoene

  • Wit, kortmou oopslaanhemp

  • Oortrektrui

  • Verpligte swart of grys gordel met standaardgespe.  Geen oorgrote of snaakse gespes nie

 

SEUNS WINTERDRAG

  • Kleurbaadjie met skoolwapen soos verskaf deur leweransiers

  • Grys langbroek.  Mag nie afgewerk word nie

  • Grys skoolkouse

  • Swart toeryg-skoolskoene.  Geen gespes.  Geen skerppuntskoene

  • Wit, langmou oopslaanhemp

  • Donkergroen skooltrui

  • Verpligte swart of grys gordel met standaardgespe.  Geen oorgrote of snaakse gespes nie

  • Voorgeskrewe skooldas

​

​

HOE SAL DIE SKOOL MET MY KOMMUNIKEER?

 

Dikwels maak die skool 'n besluit of tree op 'n sekere wyse op, wat verdere verduideliking eis. Ons waarborg dat elke besluit in belang van u kind is.

Ons stuur deesdae 'n sms uit wat u verwittig indien u kind nie die betrokke dag by die skool is nie. Primêr gaan dit oor u kind se veiligheid. Baie kinders stap skool toe of kom met 'n geleentheid by die skool aan. Op die wyse sal u vroegtydig weet indien u kind nie is waar u dink hy/sy is nie.

Die tweede rede is om u daarvan bewus te maak indien u kind stokkies draai. Klasbywoning is van kardinale belang in enige kind se kognitiewe en sosiale ontwikkeling. U kind sal baie moeilik, deur werk van 'n maat af te skryf, dieselfde kennis opdoen as deur self in die klas te wees. Indien u kind siek is, beveel ons aan dat hy/sy by die tuis moet bly en gesond word, maar waak asseblief daarteen om u kind toe te laat om sonder rede by die huis te laat bly. Herhaaldelike afwesigheid beïnvloed u kind se prestasie en vordering.

Indien u wel bewus is van u kind se afwesigheid, moet u die sms asb. ignoreer.

​

​

WAT IS DIE UITTEKENPROSEDURE?

 

Indien u, u kind vroeg moet uitteken, moet u asb die volgende prosedure volg. Slegs 'n ouer of wettige voof mag die leerder uitteken. Daar moet 'n skriftelike brief of e-pos by die skool ingegee/gestuur word vir rekordhouding. Indien iemand anders as die wettige voog die leerder kom haal, moet die betrokke persoon 'n afskrif van sy ID-dokument saambring.

Baie dankie vir u samewerking.

​

​

IS DAAR VERVOER BESKIKBAAR?

 

Daar is a paar opsies beskikbaar vir u as ouer:

​

  • SCHOOL TRANSPORT - Amy 072 897 5505 / Paulina 083 333 1204

  • GREG'S SHUTTLE SERVICE - Greg 076 820 4455

  • HIER GAT ONS - Nicchia 084 600 7167

  • SMART RIDE - SCHOOL SHUTTLE SERVICE (Lady Driver) - 083 404 0565 / smartcabza@gmail.com

  • BESTWAY ADVENTURE - BENONI SCHOOL TRANSPORT - Lizel 071 873 2437

SKOOLFONDS
SKOOL UNIFORM
SKOOL KOMMUNIKASIE
UITTEKENPROSEDURE
VERVOER
Vervoer.jpg
bottom of page