top of page

SKAAK

Hierdie jaar het Brandwag skaak met ‘n groot aantal nuwe leerders begin speel.  Ons is bevoorreg om tans 31 aktiewe lede te hê waarvan daar ten minste 4 spelers is wat al op provinsiale vlak of Suid-Afrikaanse vlak gespeel het.  Elke Vrydag maak ons gebruik van ‘n buite-afrigter, Justin Wilken, om ons spelers net beter voor te berei vir die komende liga toernooie.

Brandwag spog ook met sy eie skaaklokaal en dit maak die spelers meer gemotiveerd.  Ons buite skaakstel word ook gereeld gebruik deur baie van Brandwag se leerders.  ‘n Tweede stel is in die vooruitsig.

Hier by Brandwag maak ons die regte skuiwe!!

bottom of page