RUGBY

RUGBY

Kortliks geskiedenis oor Brandwag se Rugby:

Brandwag neem deel aan n Superreeks kompetisie, wat bestaan uit 12 skole wat vier provinsies verteenwoordig. Elke jaar vorder van ons spanne tot die finaal, met gereelde wenners. Ons neem ook deel aan die Valke Liga, en het elke jaar spanne wat as Valkewenners  eindig. Ons neem deel in die Virsekerbeker afdeling 3, en het ook al n paar van hierdie finale bereik, en as wenners weggestap. In 2018 speel ons Eerstespan weereens in die finaal op 18 Augustus 2018 teen Leeuwenhof Akademie te LC de Villiers, Pretoria om 12:00.

In 2003 wen al nege ons Rugbyspanne hul Valke Liga-finale, die Eerstespan wen die Beeldkompetisie asook die Nasionale kompetisie op Ellispark teen Hoërskool Kroonstad.

Brandwag lewer ook dan elke jaar 0/16- en 0/18 Valke provinsiale spelers. Ons lewer ook 2 Springbokke nl. Gerrie Germishuys en Johan Ackermann.

Johann Ackermann was ook die Goue Leeus se Super-rugbyspan se afrigter, maar rig nou in die buiteland af. Blits Bok sewes speler Ruhan Nel is ook n oud Brandwagter.

Brandwag lewer ook n klomp senior provinsiale spelers op, wat by verskillende provinsies regoor Suid-Afrika al gespeel het.

Ook met twee spelers wat al as kapteine van hul spanne/unies opgrtree het,

Jacques Nel, (Kings Super-rugbyspan) en lid van die Leeus wat die Curriebeker in 2015 gewen het. En ook Gavin Annandale, was al kaptein van die Griffons Curriebeker-span.

Hoërskool Brandwag se Rugby- geskiedenis is regtig indrukwekkend, en beloof om ook in die toekoms so voort te doen.