COLOURFEST

Die Colour fest is ‘n jaarlikse instelling by Hoërskool Brandwag wat deel vorm van die tradisies en kultuur wat Brandwag skep, om sodoende aan die leerders terug te gee en hulle te wys hulle word waardeer, deur die insette wat hulle lewer. Hierdie tradisie vorm deeluit as projek wat jaarliks aan ‘n nuwe graad geallokeer word om die leerders te betrek om hulle kreatiwiteit en bemarkingstegnieke te ontwikkel en bevorder. Hierdie prettige aangeleentheid vind plaas voor die eind jaar eksamen sodat die leerders vir ‘n oomblik kan afskaal voor die harde werk voortgesit word ter voorbereiding van die eksamen.