Liewe Graad 7,

 

Ons is so opgewonde om jou te ontmoet en kan nie wag om jou alles van Brandwag te vertel en te wys nie. Die opedag en inligtingsaand, sal geskied sodra die skole weer heropen. Hou ons Facebookblad en webwerf dop vir meer inligting.

Terwyl ons nou in die grendeltydperk vasgekeer is, gaan ons die tyd gebruik om daardie breinvoggies van julle besig te hou en jou sommer kans gee om ‘n paar pryse te wen. Daar is verskeie afdelings waarin daar raaisels geplaas word, of jy nou taalvaardig, wiskundig of kunssinnig is, daar is geleentheid vir elke aspirant Waggie om deel te neem.

 

Hoe neem ek deel?

Onder elke afdeling op die web se sleutel Waggies 2021 word daar werk geplaas – kyk gereeld. Jy kan die werk elektronies doen of uitdruk, doen en afneem. Stuur dan jou werk deur na Mnr. Andrew McClintock die bemarker by Brandwag, sy e-pos adres is: andrew@hsbrandwag.co.za

Ons gaan die bestes kies sodra die skole heropen en by die inligtingsaand sal ons jou prys oorhandig.

 

Ons sien vreeslik uit om julle slim en oulike werk te sien!