D
Play Video

Die hitte, die stof en die bokdrolletjies is maar n paar van die dinge wat ons die naweek ervaar het by die Paradeisos Outdoor Veneu! Moenie my verkeerd verstaan nie… Dit was een asemrowende ervaring wat ek en sekerlik elke Gr 10 leerder nooit sal vergeet nie! Ek en Suné hierso is gevra om vir julle n bietjie terugvoering te gee.. Maar ek dink ons moet eerder n stukkie van die kamp na julle toe bring. 

 

By die aankoms van die kamp was ons verwelkom deur die beste fasiliteersers onder die warm Pretoria son. Hulle name was as volg Lash, Damage Contract, La La, Lint en KeyJ. Ons was vinnig in 5 spanne verdeel, elk met ons eie kreatiewe name genaamd Maverick, Die Pink Panthers, Titans, Mud Busters,  en Guaqemole….  Ons het dadelik weg gespring met klomp aktiewiteite maar hier is net n paar wat vir my uitgestaan het:

Spiders Web- daar moes ons al ons spanlede deur n net kry wat soos n spinnekop se web gelyk het sonder dat hulle aan die toue raak ons moes mekaar oor dra, deur dra en deur kruip. 

Prison Break- Ons moes ontsnap! Saam as n span moes ons werk om die hindernisbaan te ontsnap. Daar moes klippe oor gedra word sonder om te val moes die klippe in n bak gegooi word wat die bak af sou bring en die deur vir ons sou oop maak om te ontsnap.

Octopus- Nou dit was n gesukkel…elke spanlid het n tou gehad wat vas was aan n staalplaat was wat n gaaitjie in die middel gehad het waardeur die balletjie moes val. Elke spanlid moes saam werk om die balletjie deur die gaaitjie in die emmer te kry. 

Die laaste akt en ek dink die heel beste akt was die Chaos – ons 5 spanne het teen mekaar gekompenteer en moes een van die kinders wat geblindoek is in elke span ly met ons stemme tot waar hulle n gekleure bal moes kry en terug bring, dit was vet pret. Maar so het elke akt tot n einde gekom. 

 

My hoogtepunt van die kamp was die Paint Wars! Basies soos n Colour Festival maar met inspuitings en water gemeng met gekleurdemeel! Arme Juf. Haasbroek het amper in die kleure verdrink toe almal haar op een slag aanval skies Juf. dit was Juf. DuPreez se idee. Na die tyd het ons lekker in die dam gaan afwas en die kleilatte beet gekry… Die meisies was natuurlik aangetrek vir n modeperade en die seuns was so gerip soos n tunaslaai!

 

Die selfde aand het ons ons eie Mnr. en Mej. Suid-Afrika gehad… Oftewel Mnr. en Mej. Paradeisos! Waar ons ons eie nommertjies moes maak uit plastieksakke, koerante, tou, kleefband en baie kreatiwiteit! Maar agter elke toe deur is daar iets wat skuil. Die seuns soos meisies moes lyk en die meisies soos seuns! 

 

Met seer harte moes ons die volgende oggend groet en pak om weer terug te keer na normaal. Ek kan nie genoeg dankie se vir Juf. DuPreez, Juf. Haasbroek, Mnr. Lubbe en my mede leerders wat hierdie kamp n sukses gemaak het nie.