SKYFSKIET

Skyfskiet

Jaar Program

Elke proewe vind plaas op `n Saterdag, daar is 6 proewe wat plaasvind elke jaar waarvan elke skut 4 van die 6 moet bywoon om in aanmerking te kom vir provinsiale kleure. Hoe meer `n skut skiet, hoe beter is sy kanse om die span te haal, want dan kan sy vier hoogste tellings gebruik word. By die provinsie is daar afsny punte wat die skut nodig het om te skiet om die SA span te haal. Elke skut moet teminste 3 keer `n week oefen. Skuts moet ook by die huis oefen, slegs dan sal ons die skuts skietfiks kry en al die klein dingetjies kan in oefen soos asemhaling, vingerposisie ens. Die skool het 5 veer gewere waarvan 4 gebruik word vir die beste veer skuts wat die span haal (wat nie gewere het nie) en 1 ekstra geweer word gebruik indien daar `n geweer by `n proewe breek. Ek beveel veer of sporter gewere aan. Skuts in veer en sporter klas kan dieselfde bereik. Met presiesie kan jy vorder tot Junior en Senior Protea kleure.

Veer gewere waarmee skuts skiet:
  1. Gamo Shadow 640
  2. Gamo Shadow 1000
  3. Weihrah
  4. Gamo Delta
VeerSporter gewere waarmee skuts skiet: (gas gewere)
  1. CZ T200,
  2. CZ S200
  3. Air Arms 200T
  4. Air Arms MPR

In 2017 het ons 16 skuts gehad van Brandwag wat die SA span gehaal het en ons hoop om dit elke jaar te verbeter. Ons het die volgende bereik:

  • 0/16 en 0/21 VEER gemengde span medalje:
    Theuns Lombard, Brogan Wilding, Kevin Nell, Renier van Loggerenberg, Stephan du Preez, Elne van Wyk, Roan Liebenberg en Kevin du Toit – Het almal brons ontvang.
  • 0/21 VEER span medalje:
    Roan Liebenberg, Stephan du Preez, Elne van Wyk en Kevin du Toit – Het silwer ontvang.
  • 0/21 VEER Algehele plekke:
    Stephan du Preez – Brons
  • 016/ VEER Algehele plekke:
    Kevin du Toit – 2 x Silwer
  • 0/21 VEER 3p: Lê, staan en kniel
    Stephan du Preez – Goud
    Kevin du Toit – Silwer
  • 0/21 VEER 10m staan:
    Kevin du Toit – silwer
  • Die volgende skuts ontvang ook hulle Goue Suid Afrikaanse Skole Sutters Unie klere (SA Klere)
    Stephan du Preez
    Kevin du Toit

Indien u verdere inligting nodig het kan u ñ epos stuur na ons ‘’Facebook’’ blad kyk ‘’Brandwag skyfskiet’’.