SKAAK

 

Hoërskool Brandwag se skaakklub het in 2 jaar hoë hoogtes bereik. Ons het die afgelope 2 jaar deurgedring na die Gauteng Top Skole-kompetisie waar ons eers vyfde en toe ‘n derde plek behaal het. As organiseerder glo ek dat 2017 ‘n skaakmatjaar vir die ander skole gaan wees.

 

Ons is bevoorreg om van ‘n proffessionele afrigter se dienste gebruik te maak, maar ons het ook uitstekende skaakspelers wat met groot entoesiasme elke wedstryd aandurf.