Brandwag spog met Ringbalspelers van hoogstaande gehalte waar ons elke jaar uittree as Liga wenners. Ons dogters en seuns kompiteer teen skole soos Kempton Park en Birchleigh. Die o/17 dogters en seuns kry ook die geleentheid om deel te neem aan die “Champion of the Champion” kompetisie waar ons teen wenners van ander provinsies deelneem. Ons dogters wen ook hierdie kompitiesie in 2013, 2014, 2015 en 2017 en ons seuns in 2014. Die spelers neem ook deel aan die EN Proewe waar die verkose spelers deel neem aan die SA Kompetisie waar ons ook talle SA spelers het wat ons verteenwoordig.