REVUE

 

Revue 2017 

Hoërskool Brandwag bied elke tweede jaar ‘n revue aan. Hierdie jaar beplan ons die

grootste revue ooit, aangesien die skool hierdie jaar 100 jaar oud is.

Ons het reeds op Dinsdag, 7 Februarie begin oefen sodat ons die beste produksie in ‘n

honderd jaar op die planke kan bring. Oefening vind elke Dinsdag- en Donderdagaand vanaf 18h00 tot 21h00 plaas. Ons oefen ook die laaste week van die Julievakansie.

Die sanggroep oefen Maandagmiddae. Enige navrae kan aan me. Leoni Strydom gerig

word.

Daar is hierdie jaar 133 leerders (as dansers) en ‘n verder 40 leerders (as dansers en

sangers) wat aan die produksie gaan deelneem.

Hierdie grootse produksie vind die week van 31 Julie tot 5 Augustus 2017 plaas.