NUUSBROKKIES

Sjoe! Die eerste kwartaal het verbygevlieg! In ‘n oogwink is die tweede kwartaal n realiteit. Die eksamen begin al reeds in Mei en die tyd vir werk is min, so doen alles voluit en moenie vir die onnies té veel grys hare gee nie. Dié Woensdag, 10 April, was dit oueraand en die rapporte moes gehaal word. Vir party mense is die ‘n nare vooruitsig maar party borrel van opgewondenheid! Dit kan vir almal ‘n wonderlike tyd wees as jy harder werk en net jou beste doen! Die atleet, Pele, van Brazil sê :”Success is no accident. It is hard work, perseverance, learning, studying, sacrifice and most of all, love of what you are doing or learning to do.”

So werk die kwartaal hard en moenie vergeet om elke oomblik te geniet nie.

~Suné Deetlefs