Netbal

Die dogters van Brandwag het in 1995 begin netbal speel. Dit het deursettingsvermoë gekos om teen die reeds gevestigde te kompeteer. Ons het egter die stryd aangepak en baie suksesse behaal.

Die eerste span was gedurende 2002 – 2004, 2009, 2012 tot 2015,2017 die SuperReeks wenners.
Verskeie van ons ander ouderomsgroepe was ook deur die jare Super Reeks wenner. Gedurende 2016 was Brandwag met algeheleNetbal, die Superreeks wenners.

Meeste van ons spanne het elke jaar die distriksliga gewen. In 2004 het die eerste span deurgedring tot die, Noord van die Vaal, kampioenskappe.

Vir die jaar 2017 het die 0/14 A span hul liga gewen en deurgedring tot by die GSS Kampioenskappe.
Gedurende hierdie tydperk het ons twee spelers gehad met uitstaande prestasies. Hulle presteer steeds na hul skoolloopbaan. Taryn Coetzee (2001-2005) was elke jaar van haar hoërskoolloopbaan gekies vir die Gauteng span. In 2004 is sy aangewys vir die beste speler by die Suid-Afrikaanse
kampioenskappe. Sy word ook gekies as onderkaptein vir die SA-span wat Suid-Afrika verteenwoordig teen Australië.

Deanke Rohde (2006-2010) word in 2010 gekies vir die Gautengspan. In 2013 word sy gekies vir die SA 0/21 World Youth Championship en 2017 vir SA Fast 5 span.