KRIEKET

Krieket

By Brandwag bied ons krieket vir al die ouderdomsgroepe en ons het ook nou al vir verskeie jare ‘n dogters – krieketspan.

Ons neem jaarliks deel aan die Easterns – liga  vir hoërskole waar ons gereeld deurdring tot die finale rondtes van die onderskeie ouderdomsgroepe.

Brandwag het al verskeie uitblinkerspelers opgelewer en in 2017 was daar weer spelers wat provinsiale kleure vir krieket, sowel as aksiekrieket verwerf het.

Huidiglik maak ons ook gebruik van buite afrigters wat ons ander afrigters bystaan met die ontwikkeling van ons spelers. Van hierdie buite afrigters was ook in die verlede betrokke by die afrigting en keuring van provinsiale spelers op hoërskoolvlak.