top of page

EREKODE

Ek aanvaar met hierdie erekode om die volgende verantwoordelikhede na die beste van my vermoë na te kom:

​

  • Om alles waarvoor my skool staan, te respekteer en te alle tye die leer en beeld van my skool uit te bou 

  • Om lojaal te wees teenoor my skool, sy beeld en elke faset van die skoollewe

  • om te alle tye, binne en buite die skool, my waardig te gedra

  • om te alle tye die skoolrëels te respekteer en na te kom

  • dat die optrede teenoor my onderwysers en mede-skoliere van so aard sal wees dat dit opbouend en tot voordeel van die skool sal wees

  • dat my optrede ’n voorbeeld sal wees vir die uitbouing van die christelike karakter van my skool

  • om kulturele diversiteit wat mag voorkom in ons skool, te respekteer en te eerbiedig, sodat my optrede altyd tot voordeel van die eensgesindheid in die skool sal strek

  • om selfs na my skoolloopbaan, die beeld van my skool te help uitdra

bottom of page