Debutante

Een van die hoogtepunte van ‘n gr.11 –  leerder en ouer, is beslis die jaarlikse Debutantebal!

Met hierdie funksie kry leerders die geleentheid om ‘n baie spoggerige en formele funksie by te woon. Uit die verlede is dit egter ook duidelik dat die leerders die spyskaart en dans vreeslik geniet.

Dit vind jaarliks gedurende Augustus by Summerplace in Boksburg plaas.

Die doel van ons debutantebal is om leerders die geleentheid te gee om ‘n spoggeleentheid by te woon, dit dien as fondsinsamelingsprojek sodat skoolgeld binne perke gehou kan word en daar word geld ingesamel vir gr. 11 leerders se matriekafskeid die opeenvolgende jaar.

Hierdie jaar se debutantebal is Vrydag 10 Augustus.