DEBAT

Luister, dink, doen navorsing, redeneer, vorm jóú opinie en hou by ‘n standpunt, is ‘n goeie bousteen vir die kind se denke en sienswyse om die lewe vierkantig in die oë te kyk. Die nuwe kultuur aktiwiteit sal help om die grondslag van dié bousteen te wees.

Daar word maandeliks bymekaar gekom om die vorming en die prosessering van aktuele sake te beredeneer en om sodoende voor te brei om die komende jaar deel te neem aan kompetisies teen buurskole. Hierdie kultuur aktiwiteit is nuut en slegs interne mededinging sal dié jaar geskiet.