Hoërskool Brandwag bied verskeie tuisbyeenkomste aan en neem ook deel aan verskeie atletiekbyeenkomste soos onder andere:
- Goudrif Prestigebyeenkoms
- Naboomspruit Top 20
- NWU Pukke Top 30
Verskeie van ons atlete behaal jaarliks die Groter Benoni-atletiekspan asook die distriksatletiekspan. Van ons atlete verteenwoordig ons ook by die jaarlikse Gauteng-atletiekbyeenkoms.
Brandwag wen in 2018 die PRESTASIE-ATLETIEKBEKER (word bepaal volgens die tiende skooldaggetalle) tydens die Interhoër asook die GEESBEKER vir die derde agtereenvolgende jaar.