AKADEMIE

 

Hoërskool Brandwag is beslis een van die toonaangewers as dit op die akademiese vlak kom. Jaarliks onvang personeel en leerders distriktoekennings vir top prestasies wat in die distrik behaal is. Wiskunde, Rekeningkunde, Engels, Afrikaans, Kuns, RTT, IT en IGO het al toekennings ontvang.

 

In 2016 het Hoërskool Brandwag ‘n eersteplek verower vir die top akademiese skool in die Ekurhuleni-Noord distrik vir die 2015 Nasionale Senior Sertifikaateksamen en ‘n algehele tweedeplek in die hele Ekurhuleni.

Ons skool bied ook ‘n Tegniese rigting aan naamlik: Houtbewerking, Tegniese Wiskunde en Tegniese Wetenskap.

 

Verder spog Hoërskool Brandwag met dataprojektors in alle klasse en is in die proses om interaktiewe witborde in alle klasse te installeer. Elke klas het ook ‘n kamera in om leerders, sowel as personeel te beskerm. Effektiwe onderrig word gewaarborg.

 

Akademie is vir ons baie belangrik en daarom poog ons om jaarliks te verbeter deur onder andere indiensopleiding en die bied van bronne en hulpbronne vir ons leerders en personeel.

 

Indien akademie vir jou prioriteit is, is Hoërskool Brandwag die skool vir jou!